Gasvryheidstudies Onderwyser / Hospitality Studies Teacher

Ligpos
Louis Trichardt
ZAR 50 000 - 200 000
Job description

Gasvryheidstudies Onderwyser

Posbenaming
Gasvryheidstudies Onderwyser

Arbeidsveld
Onderwys

Area
Makhado, Limpopo (Louis Trichardt)

Indiensnemingsdatum
2025-04-08

Kort Beskrywing Van Pos
'n Dinamiese en passievolle Graad 10 en 11 Gasvryheidstudies onderwyser in onderrigtale Afrikaans en Engels. Hierdie pos sluit ook LO Sport, restaurantbestuur, voorraadaankope en beheer in, asook die aanbieding van praktiese lesse en assessering asook buitemuurse afrigting.

Pos Pligte En Sleutelwerksaamhede

  • Onderwys in Gasvryheidstudies vir Graad 10 en 11
  • LO Sport
  • Restaurantbestuur
  • Voorraadaankope en beheer
  • Praktiese lesse aanbied
  • Assessering: Opstel en merk van vraestelle, voorbereiding van lesplanne en klasaanbieding
  • Buitemuurse afrigting
  • Restaurantaande as deel van buitemuurse verpligtinge

Kritiese Vereistes

  • Dinamiese, hardwerkende persoon
  • Passievol en lojaal teenoor die skool
  • Werkstrots
  • Toepaslike kwalifikasies
  • SACE geregistreerd

Voordelige Vereistes

  • Vorige ervaring in die onderwysveld
  • Ervaring in nasien van die NSS Eksamen
  • SACE Registrasie

Vaardighede

  • Leiding en bestuur
  • Organiseringsvaardighede
  • Klasbestuur

Basiese Eienskappe

  • Passievol
  • Gedrewe
  • Energiek
  • Lojaal
  • Moet kan leiding neem

Spesifieke Verbode Aspekte

  • Geen kriminele rekord nie

Gewone Werkure En Dae

  • Maandag tot Vrydag: 6:45 - 14:00
  • Maandag tot Vrydag: 14:00 - 17:00 (Buitemuurs)
  • Saterdae (Sport)

Verlof

  • Gewone Jarelikse Verlof: 1 dag vir elke 17 dae gewerk
  • Siekverlof: 30 siekverlofdae in 'n 3 jaar siklus
  • Gesinsverlof: 3 dae per jaarlikse verlofsiklus
  • Kraamverlof: 4 maande onbetaald

Duur Van Kontrak

  • Jaarliks word dit hernu
  • Beëindigingsdatum van pos: 2025-12-31

Vergoedingstipe

  • Maandeliks

Werknemer Se Diensgeld

  • Netto: R 21 006.79

Frekwensie Van Besoldiging

  • Maandeliks

Moontlikheid Van Bevordering In Die Pos

Ja, departementeel

As jy 'n passie het vir onderwys en 'n liefde vir gasvryheid, nooi ons jou uit om aansoek te doen en deel te word van 'n dinamiese span vir die toekoms van ons jeug!

Get a free, confidential resume review.
Select file or drag and drop it
Avatar
Free online coaching
Improve your chances of getting that interview invitation!
Be the first to explore new Gasvryheidstudies Onderwyser / Hospitality Studies Teacher jobs in Louis Trichardt